WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING
WET 2 VAN 2000 SOOS GEWYSIG DEUR WET 42 VAN 2011
WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING
WET 2 VAN 2000 SOOS GEWYSIG DEUR WET 42 VAN 2011
Company Information
All contents © Copyright Xsit 2011.
Website designed and developed by Smithgroup-Design
PO Box 422 | Citrusdal | 7340
Western Cape | South Africa
Tel: +27 (0) 22 921 2993
Fax: +27 (0) 22 921 2993
X Sterile Insect Technique
Company Information

ARTIKEL 51 HANDLEIDING VIR X STERILE INSECT TECHNIQUE (PTY) LTD
Die geografiese area waar die diens afgelewer word, is die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
INHOUD:
A. INLEIDING
B. BESONDERHEDE IN TERME VAN ARTIKEL 51 | Kontakbesonderhede [Artikel 51 (1) (a)]:
1) Naam van besigheid
X STERILE INSECT TECHNIQUE (PTY) LTD
2) Fisiese adres van besigheid
Schalk Patience Straat 2, Citrusdal, 7340
3) Geregistreerde adres
Jones Straat 5, Nelspruit, 1200
4) Posadres
Posbus 422, Citrusdal, 7340
5) Telefoonnommer
(022) 921 2993
6) Faksnommer
(022) 921 2993
8) Besonderhede van inligtingsbeampte
8.1) Volle name
Mnr. Sampie Groenewald
8.2) Telefoonnommer
(022) 921 2993
8.3) Faksnommer
(022) 921 2993
8.4) E-posadres
8.5) Posisie beklee m.b.t. die Onderneming
Algemene Bestuurder
7) E-posadres
Die handleiding sal beskikbaar wees by die Menseregtekommissie. Rig enige navrae aan:
Die Menseregtekommissie
Posadres: Privaatsak 2700
Houghton
2041
Telefoon: +27 11 484 8300
Faksnommer: +27 11 484 0582
Webtuiste: http://www.sahrc.org.za
C. BESKIKBAARHEID VAN HANDLEIDING [ARTIKEL 51 (1)(b)]
1) Afskrifte van die volgende word gehou (waar toepaslik):
1.1) Registrasiedokumente van die besigheid;
1.2) Kontrakte en ooreenkomste m.b.t die besigheid;
1.3) Versekeringsdokumente;
1.4) Finansiële state;
1.5) Voorraadlyste;
1.6) Bateregister;
1.7) Volledige inligtingsdata m.b.t die werknemers;
1.8) Dienskontrakte vir werknemers;
1.9) Personeellêers van werknemers
1.10) Geskrewe grieweprosedure;
1.11) Geskrewe dissiplinêre prosedure;
1.12) Bywoningsregister;
1.13) Veiligheidshandleiding;
1.14) Rekords in terme van die Wet op Beroepsgesonheid en Veiligheid;
1.15) Rekords in terme van die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes.
2) Die onderneming dra by namens die werknemers tot werkloosheidsversekering.
3) Rekords word gehou van die volgende inligtingstegnologie (waar toepaslik):
3.1) Sagtewareprogramme;
3.2) Sagtewaregebruiksaanwysings;
3.3) Rekenaargegeneerde databasisse
D. KATEGORIEË VAN INLIGTING BESKIKBAAR:
Geen sodanige rekords is aan die Minister verstrek nie.
E. KATEGORIEË VAN REKORDS WAT BESKIKBAAR IS SONDER ‘N VERSOEK TOT TOEGANG
TOEGANG IN TERME VAN ARTIKEL 52(2) [ARTIKEL 51(1)©]
Geen sodanige rekords is beskikbaar nie, maar is alle toepaslike wetgewing van toepassing.
F. REKORDS BESKIKBAAR IN TERME VAN ENIGE ANDER WETGEWING [ARTIKEL 51]
1)Artikel 53 bepaal dat die aansoeker die voorgeskrewe aansoekvorm moet gebruik. Die aansoek moet gerig word aan die inligtingsbeampte van die privaatliggaam, of sy gevolmagtigde. Die versoek moet gerig word aan die adres, faksnommer of elektroniese van die privaatliggaam soos in die handleiding verstrek.
2)Die aansoeker moet voldoende inligting verstrek op die aansoekvorm om die inligtingsbeampte in staat te stel om die aansoeker asook die betrokke rekord, te identifiseer.
3)Die aansoeker moet die reg wat hy/sy soek om uit te oefen of te beskerm openbaar en verduidelik waarom die rekord soos versoek belangrik is vir die uitoefening of beskerming van die reg.
4)As ‘n versoek gerig word namens ‘n persoon, moet die aansoeker bewys lewer van die hoedanigheid waarin hy die versoek lewer tot bevrediging van die inligtingsbeampte.
5)Die inligtingsbeampte moet die aansoeker in kennis stel d.m.v. skriftelike kennisgewing dat die aansoeker die voorgeskrewe fooi (indien enige) moet betaal alvorens die versoek geprosesseer word.
6)Die voorgeskrewe fooi sal verstrek word. Die aansoeker mag ‘n interne aansoek loods of ‘n hofaansoek bring teen die betaling van die voorgeskrewe fooi.
7)Indien die versoek goedgekeur word deur die inligtingsbeampte, moet ‘n verdere fooi betaal word om die rekord gereed te kry vir beskikbaarstelling.
8)Die inligtingsbeampte sal hierna ‘n besluit neem en die aansoeker in kennis stel op die voorgeskrewe wyse.
G. VOORGESKREWE PROSEDURE OM ‘N REKORD TE VERSOEK [ARTIKEL 51 (1)(e)]
1)Besonderhede van Privaatliggaam
Die Inligtingsbeampte
2)Besonderhede van persoon wat aansoek doen.
i)Volle name en van
ii)Identiteitsnommer
iii)Posadres
iv)Faksnommer
v)Telefoonnommer
vi)E-mail adres
vii)Hoedanigheid waarin versoek gerig word indien gedoen namens ‘n ander persoon.
3)Besonderhede van persoon wat aansoek namens wie versoek gerig word (indien nodige)
i)Volle name en van
ii)Identiteitsnommer
iii)Posadres
4)Besonderhede van Rekord
Voorsien volledige besonderhede van die rekord soos versoek.
5)Fooie
i)‘n Versoek tot toegang tot ‘n rekord anders dan ‘n rekord wat persoonlikke inligting m.b.t. uself bevat, sal slegs hanteer word nadat ‘n versoekfooi betaal is.
ii)U sal in kennis gestel word van die versoekfooi.
iii)Die fooi betaalbaar vir verdere toegang sal bepaal word na aanleiding van die redelike tyd vereis om die rekord op te spoor en voor te berei vir beskikbaarstelling.
iv)Indien u aansoek doen vir vrystelling van betaling van enige fooi, verstrek asb die redes vir vrystelling.
6)Uiteensetting van reg wat uitgeoefen of beskerm word.
i)Dui aan watter reg uitgeoefen of beskerm word.
ii)Dui aan waarom die rekordversoek benodig word vir die uitoefening of beskerming van die bogemelde reg.
7)Kennisgewing van besluit rakende versoek tot toegang
U sal skriftelike kennisgewing ontvang of u versoek toegestaan/geweier is. Indien u op ‘n alternatiewe manier kennisgewing wil ontvang, spesifiseer die metode van kennisgewing en verskaf die nodige besonderhede om aan die versoek te kan voldoen.
H. VOORGESKREWE AANSOEKVORM [ARTIKEL 53 (1)]